Booys se saak tot 22 Oktober uitgestel

Regter Naomi Shivute het die appèl van die omstrede voormalige Okahandja Streeksraadslid Steve ‘Biko’ Booys, teen die weiering van borg in dorp se landdroshof op 13 April, tot 22 Oktober uitgestel. Booys het regsverteenwoordiging bekom en hy sal hoofargumente moet indien nadat sy saak ‘n geruime tyd stilgestaan het na sy vorige prokureur onttrek het. Booys is sedert 2 Februarie in aanhouding op klagte van bloedskande en verkragting wat die staat sê in Januarie vanjaar plaasgevind het. Die staat het reeds sy hoofargumente ingedien. Hy word vir sy eie veiligheid by Seeis aangehou.