Boot met 500 migrante verdwyn spoorloos

‘n Boot met sowat 500 migrante, waaronder ‘n pasgebore baba en swanger vroue aan boord, het in die sentrale Midellandse See verdwyn. Alarm Phone, ‘n groep wat oproepe van seevaarte in nood ontvang, sê hy het Woensdagoggend laas kontak met die boot gehad. Die laaste ligging vir die boot was sowat 320 kilometer noord van die Libiese hoofstad Benghazi en meer as 400 kilometer van Malta en Italië se suidelike eiland Sisilië. Ander bote het intussen na die vermiste boot begin soek, maar kon nie enigiets vind nie.