Bonusse by NBC is ‘malligheid’

Die leier van die All People’s Party Ignatius Shixwameni sê net malligheid kan verduidelik hoe die bestuur van die NBC bonusse van 5 miljoen Namibiese doller ontvang het terwyl die korporasie se finansies so duister is. Hy het die aanmerking gemaak tydens ‘n vergadering van die ‘n staande komitee en die Minister van Inligting Peya Mushelenga. Mushelenga moes verslag doen oor die staking by die uitsaaier. Mushelenga het volgens berigte met Shixwameni saamgestem. Maar die bestuur van die NBC sê daar is niks fout met die besluit nie. Die Direkteur-Generaal Stanley Similo het vroeër gesê dat net 53 miljoen doller in die afgelope 5 jaar aan bonusse en salaris verhogings bestee en 5 miljoen doller was uitbetaal aan 26 bestuurders.