BoN stig bedryfsraad vir kuberveiligheid

Die Bank van Namibië het ‘n bedryfsraad vir kuberveiligheid van stapel gestuur wat na verwagting ‘n kritieke rol sal speel om die land se finansiële bedryf teen kuberaanvalle te beskerm. Die aankondiging kom op ‘n tyd wanneer gevalle van kubermisdaad aan die toeneem is, wat triljoene dollar se finansiële verliese en operasionele impakte veroorsaak vir individuele en sakeslagoffers regoor die wêreld. Leonie Dunn, adjunk-goewerneur van bank, sê die raad sal ‘n noodsaaklike rol speel en kuberveerkragtigheid na die bedryf bring. Volgens die Internet World Stats-verslag van 2020 het Namibië se totale aantal internetgebruikers ongeveer 1,3 miljoen bereik.