BoN stel eerste outomatiese regulatoriese verslagstelsel bekend

Die Bank van Namibië het vandag die Namibië se eerste outomatiese regulatoriese verslag-stelsel, bekendgestel. Dit is beskikbaar vir gereguleerde entiteite onder toesig van dié bank. Die verkryging van die stelsel kom op ‘n tydstip wanneer reguleerders en toesighoudende owerhede hul toesig moet verskerp oor alle instellings wat belas is met die beskerming van openbare deposito’s en uitleen-aktiwiteite. Kazembire Zemburuka, die bank se kommunikasie-direkteur sê aan Kosmos 94.1 Nuus wat dié stelsel behels.