VF Plus bekommerd oor haatspraak-wetsontwerp

Die Vryheidsfront Plus het sy kommer uitgespreek dat die Wetsontwerp op die Voorkoming en Bestryding van Haatmisdaad en Haatspraak tot spanning kan lei in plaas daarvan om dit te voorkom. Die party voer aan die wetsontwerp hou ‘n ernstige bedreiging in vir die reg op vryheid van assosiasie én spraak en kan lei tot eensydige interpretasies. Jaco Mulder van die VF Plus sê die onlangse inhegtenisneming van die voormalige Pakistanse eerste minister, Imran Khan, vir kritiek op die regering dien as ‘n waarskuwing teen die voorgestelde wet, wat uitgebuit kan word om kritici te stil te maak.