BoN sê oor huishoudings

Die Bank van Namibië sê kredietverlening aan huishoudings het in 2020 met 5,4 persent verminder teenoor die skuld wat in 2019 aangegaan is. Een van die redes wat hiervoor aangevoer word is die inkrimping van besteebare inkomste. Luidens die bank het dit verlede jaar met 1,7 persent gedaal teenoor groei van 1,1 persent wat in 2019 aangeteken is. Inkomste het gedaal wat tans lei tot ‘n hoër skuldvlak teenoor inkomste. Die bank sê die vlakke behoort vanjaar te stabiliseer as gevolg van die lae rentekoers en sal ‘n baie klein impak op finansiële stabiliteit hê.