BoN sê oor hope geld by Chinese burger se woning

Ná versoeke uit alle uithoeke van die land vir die Bank van Namibië om in te gryp in die geval van sowat 1,1 miljoen Namibiese dollar kontant wat van ‘n Chinese burger in Windhoek beroof is, het die Bank of Namibië homself van die voorval gedistansieer. Volgens die bank is daar geen wet wat verbied hoeveel Namibiese dollar kontant mense by hul huise mag hou nie. Kazembire Zemburuka, die bank se direkteur van strategiese kommunikasie, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.