BoN maak aanpassings aan bankbestuurders-reëls

Om die korporatiewe bestuur van bank-instellings te verbeter in ‘n sektor wat as een van die mees gesofistikeerde op die Afrika-vasteland beskou word, het die Bank van Namibië ‘n hersiene bepaling uitgereik oor die aanstelling, pligte en verantwoordelikhede van direkteure, hoofbeamptes en uitvoerende beamptes van bankinstellings en beheermaatskappye. Die hersiene bepaling sal dien as die grondslag vir gesonde korporatiewe bestuur in bankinstellings om openbare deposito’s en verbruikers te beskerm en toegang te verskaf tot krediet om die ekonomie ‘n hupstoot te gee, sê Kazembire Zemburuka, Bank van Namibië se direkteur van strategiese kommunikasie aan Kosmos 94.1 Nuus.