Boland Rugby wil weet oor messtekery

Boland Rugby het die naweek se voorval in Malmesbury veroordeel waar ‘n toeskouer ‘n speler op die veld met ʼn mes gesteek het. Dit het met rustyd gebeur tydens ʼn wedstryd tussen die gashere, Never Despair, en Porterville. Die speler van Never Despair is op die veld behandel voordat hy hospitaal toe geneem is, maar is later ontslaan. Spelers en beamptes het die vermeende aanvaller vasgetrek en aan die polisie oorhandig. Die wedstryd is afgelas en die unie wag op ‘n volledige verslag van die tuisspan.