Boland-plaaswerkers kry elektrisiteit

Altesaam 1 156 plaaswerkers kry nou regstreekse elektrisiteitsverbindings as deel van ‘n spesiale projek wat in die Breedevallei munisipaliteit voltooi is. Volgens die Wes-Kaapse departement van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning het die Plaaswerkers-elektrisiteitsprojek in 2016 begin. Hy sê die Hexriviervallei is gekies weens die relatief kleiner plase en digter plaasbevolkings wat beteken meer huishoudings en mense kon voordeel trek. Eskom het die projek befonds en uitgevoer.