Boksburg-ontploffing: Dodetal styg tot 18

Die dodetal van die gastenkwa-ontploffing op Oukersdag in Boksburg aan die Oos-Rand het tot 18 gestyg. Nege van die oorledenes is personeellede van die Tambo-gedenkhospitaal wat geleë is langs die pad waar die gastenkwa onder ‘n brug ontplof het. Die woordvoerder vir Ekurhuleni se mediese en nooddienste, William Ntladi, sê daar is nog geen aanduiding van spore van gas in die lug ná die ontploffing nie. Ntladi het gepraat oor die strategiese moniterings-plan ná die tragedie, en sê voorlopige ondersoeke wys die gastenkwa wat by die dodelike ontploffing betrokke was, het duisende liters gas gedra.