Boks: Tyson Fury is woedend

Boks: Oekraïne se swaargewig-kampioen, Oleksandr Usyk, kan sy rug draai op onderhandelinge met Tyson Fury oor ʼn onbetwiste swaargewig-geveg einde April. Die moontlikheid van ʼn onmiddellike herontmoeting is ʼn taai toffie tydens onderhandelinge. Usyk is die kampioen van die WBA, IBF en die WBO en dring aan op ʼn herontmoetings-klousule terwyl die WBC-kampioen, Fury van Engeland, niks daarvan wil weet nie.