Bokke verwag vyandige skare, moeilike stryd Sondag

Die Springbokke besef hulle gaan teen meer as net die Franse span te staan kom in Sondag se Wêreldbeker-kwarteindstryd op die Stade de France in Parys. Die partydige skare sal ‘n groot rol speel. Die Bokke het probeer om die gespanne atmosfeer te skep tydens hierdie week se oefening, met oorverdowende musiek in hul ore. Die haker, Bongi Mbonambi, sê die verdedigende kampioen weet die Franse is ‘n baie beter span as die een wat hulle in 2018 op dieselfde stadion geklop het: