Bokke verwag verbete aanslag Saterdag

Die Springbok-hulpafrigter Daan Human sê hulle verwag ʼn verbete aanslag van die Nieu-Seelanders in Saterdag se Wêreldbeker-eindstryd in Parys. Suid-Afrika moes hard werk vir sy 29-28-sege in die kwarteindronde teen die gasheerland, Frankryk, en die 16-15-oorwinning oor Engeland in die halfeindronde. Dit het hulle ‘n tweede agtereenvolgende plek in die eindstryd verseker. Human sê die All Blacks het hulleself al bewys as ʼn goed gevestigde span wat daarop roem dat hulle vinnig uit die wegspringblokke kan kom: