Bokke vertoon swak, wen net-net

Die Springbokke het Argentinië met 22-21 in hul Kampioenskapwedstryd in Johannesburg geklop. Die Bokke het ‘n reuse-terugslag aan die begin van die wedstryd oorleef toe hulle die skrumskakel Grant Williams, wat uitgeknikker is, verloor het. Hulle moes hard werk om hul weg te vind na ‘n oorwinning wat hulle tevrede sou stel op hul pad na die Wêreldbeker-rugbytoernooi. Die Springbokke het drie drieë teenoor twee deur die Pumas gedruk. In ‘n vroeër wedstryd het die All Blacks die reeks beklink toe hulle die Wallabies in Melbourne met 38-7 geklop het.