Bokke val terug na derde plek op ranglys

Die Springbokke se nederlaag teen Wallis in die tweede toets in Bloemfontein het die wêreldkampioen sy eerste plek op die wêreldranglys gekos. Suid-Afrika het afgeskuif tot die derde plek, terwyl Frankryk heel bo is vir die eerste keer sedert die ranglys in 2003 sy ontstaan gehad het. Ierland is tweede en die All Blacks is nou vierde na hulle nederlaag teen die Iere. Engeland is vyfde nadat hulle Australië geklop het, wat nou in die sesde plek is. Skotland is sewende. Wallis, Argentinië en Japan is die ander spanne in die top-tien.