Bokke se oorsese reëls moet aangepas word – White

Die Stormers se afrigter, John Dobson, het bevestig Warrick Gelant het sy laaste wedstryd vir die konsessie gespeel in die eindstryd van die Verenigde Rugbykampioenskap. Die Springbok-agterspeler gaan blykbaar skuif na die Franse klub Racing 92. Saterdag se eindstryd was ook Arno Botha se laaste wedstryd vir die Bulle voor sy vertrek na Lyon in Frankryk. Die meerderheid van afrigter Jake White se Bulle-span sal na verwagting vir die volgende seisoen behoue bly. White sê die Springbokke se oorsese reëls sal hersien moet word as konsessies in Europa wil sterk bly: