Bokke is positief vir Saterdag se toets

Die Springbokafrigter Jacques Nienaber is positief oor die derde en laaste toets eerskomende Saterdag teen die Britse en Ierse Leeus in Kaapstad. Albei spanne het nou een toets gewen en Saterdag is dit die beslissende een wie die reeks gaan wen. Nienaber het die Springbokke geloof vir hulle oorwinning van 27-9 in die tweede toets teen die Leeus. Hy het die houding van die spelers asook die ondersteuning van die publiek geprys en gesê dit was aandoenlik om te sien.

Die ervare nr. 8 Duane Vermeulen het hom gister by die Springbok-span in Kaapstad aangesluit nadat hy die eerste twee toetse teen die Britse en Ierse Leeus weens ‘n enkelbesering misgeloop het.