Bokke hou duim vas vir Willemse op losskakel

Die Springbokke is in ʼn oorgangsfase op losskakel met Handré Pollard, Elton Jantjies en Frans Steyn almal buite aksie. Damian Willemse vaar betreklik goed in die nommertien-trui, maar sy stelskopwerk is nie na wense nie. Die losskakel van die Stormers, Manie Libbok, is vanaand op die bank, gereed om sy Bokdebuut in Marseille teen Frankryk te maak. Die skrumskakel, Faf de Klerk, sê hy glo Willemse sal sy kant bring:

Intussen moes die Bokke ‘n verandering aanbring nadat Jasper Wiese onttrek is weens vermoedelike harsingskudding. Kwagga Smith is ingesluit op nommer agt, met Deon Fourie wat sy posisie op die bank inneem.