Boewe in Gauteng geskok toe man terug skiet

Gautengse polisie waarsku motoriste om ekstra versigtig en waaksaam op paaie te wees nadat drie mans ‘n egpaar op die R-80 in Akasia, Tshwane, aangeval het. Die egpaar het stilgehou nadat hulle vermoedelik oor skerp voorwerpe gery het wat op die padoppervlak geplaas is, en die voertuig se band het pap geword. Die polisiewoordvoerder, Mavela Masondo, sê die bestuurder was besig om die band om te ruil en sy vrou het langs hom gestaan. Die drie mans het hulle aangeval en op hulle geskiet. Toe skiet die man terug.