Boetes van N$3,7m uitgereik oor Kerstyd

Die Namibiese polisie se verkeersdepartement het die afgelope feesseisoen vanaf 17 November tot 26 Desember 3 277 boetes aan voertuigbestuurders ter waarde van byna 3,7 miljoen Namibiese dollar uitgereik. Daar was 197 onpadwaardige voertuie op die pad en 29 744 bestuurders is vir alkohol getoets waarvan 75 bestuurders onder die invloed van alkohol bestuur het.