Boere rondom Witvlei, Omitara vergader nie naweek met Nampol

Boere in die Witvlei en Omitara gebiede sal die komende Saterdag om half-elf weer met Nampol se hoof van operasies, generaal-majoor Joseph Shikongo ontmoet oor misdaad in die gebied. Die groep het vanjaar in April met Shikongo vergader oor veral veediefstal en stropery. Die vergadering vind by Rooikraal van Marina Lamprecht en boere in die gebied word uitgenooi om dit by te woon. Die goewerneur van die Omaheke-streek Pijoo Nganate sal ook teenwoordig wees.