Boere moet verklarings oor dieregesondheid indien

Die Namibiese Landbou-unie herinner produsente oor  hul dieregesondheidsverklarings wat elke ses maande deur alle veeboere ingevul moet word. Die tydperk waarvoor verklarings voltooi word, is van Januarie tot Junie en Julie tot Desember van elke jaar. Dit is verpligtend dat die verklarings binne 30 dae ná die einde van elke verslagperiode ingedien moet word. Data wat ingesamel word deur die indiening van selfverklarings word gebruik vir dieresiektebeheer, vir die monitor van dieresiektetendense sowel as vir verpligte rapportering aan die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid. Veehandelsmerke of produsente wat versuim om die verklarings betyds in te dien, sal beperk word tot tyd en wyl die vereiste dokumentasie ingedien word. Produsente word aangemoedig om hul verklarings aanlyn via die NamLITS-stelsel in te dien.