Boere moet diversifiseer

Namibië ervaar gereeld droogtes met wydverspreide negatiewe impakte op voedselsekerheid, lewensbestaan, oeste wat van reën afhanklik is, veeproduksie, vee sterftesyfers en water beskikbaarheid. Daarom moedig die Agribank boere aan om voor te berei vir die ergste scenario, deur diversifikasiestrategieë en produksietegnologieë op te skerp om die impak van klimaatsverandering te versag, en geleenthede in die voedselproduksiestelsel te ontketen. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Fillemon Nangonya, Agribank se skakelbeampte, wat meer deel oor wat die bank met diversifikasie bedoel.