Boere kan hulp vra by weermag vir brandbestryding

Verwoestende veldbrande woed steeds in die Seeis, Omitara en Hochfeld-omgewing. Een van die brande het sy oorsprong by die Osona-weermagbasis gehad. Boere geweldige skade gely en vra wie word verantwoordelik gehou vir die brandskade. Vrae word ook gevra waarom die weermag nie help om die veldbrande te bestry nie. Kosmos 94.1 Nuus het die vraag aan die verdedigingsminister Frans Kapofi gevra. Hy het geantwoord dat weermaglede op die grond en enige tyd beskikbaar is. Hy sê boere moet net by bevelvoerders van basisse hulp vra.