Boere in SA koop baie masjinerie

Suid-Afrika se landboumasjinerie-verkope was die afgelope ses maande verbasend sterk. In Junie 2022 het trekker- en stroperverkope onderskeidelik met 26 persent en 67 persent op ‘n jaargrondslag gestyg. Altesaam 824 trekkers en 50 stropers is verkoop. Wandile Sihlobo, die hoof-ekonoom van die Landbou-sakekamer van Suid-Afrika gesels met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor hierdie verwikkelinge.