Boere betaal 56% meer as minimumloon

Die Namibiese Landbouwerkgewers-vereniging se twee-jaarlikse loonopname is voltooi. Die opname toon dat die gemiddelde waarde van die basiese salaris van plaasarbeiders, in kontant en rantsoen 2 574 Namibiese dollar per maand, beloop, ’n styging van 8,79 persent teenoor 2020. Hiervan is die maandelikse kontantsalaris gemiddeld 1 880 dollar en die waarde van rantsoene is 694 dollar. Die syfers is 56 persent hoër as die minimumloon wat tans op 1 653 dollar staan. Die gemiddelde totale vergoedingspakket per plaasarbeider, as die waarde van die gratis byvoordele bygewerk is, op 3 934 dollar maandeliks. Addisioneel tot bogenoemde vergoeding, het 94 persent van die respondente bevestig dat hulle ‘n jaarlikse bonus aan arbeiders betaal.