Boer vas vir Angolese houtskoolwerkers

‘n Boer van die Grootfontein-omgewing, Simon Tuhafeni is in hegtenis geneem op klagtes wat verband hou met immigrasie-wetgewing in Namibië. Dit volg na 41 Angolese burgers by die polisiestasie op die dorp deur Tuhafeni afgelaai is. Hy het eers gesê hy het op die onwettige immigrante afgekom maar, dit wil voorkom asof hulle werksaam was vir hom op sy plaas met sy houtskool produksie. ‘n Stryery het blykbaar ontstaan nadat hulle betaling geëis het. Tuhafeni is reeds op borg van 3 000 dollar op klagte van aanranding en meer, ook verband met die groep Angolese burgers. Drie van die groep het klagtes teen hom gemaak dat hy ‘n vuurwapen op hulle gerig het en hulle geslaan het. Daardie saak kom weer op 4 Oktober voor.