Boer in Israel kweek wêreld se grootste aarbei

‘n Boer in Israel is in die Guinness-wêreldrekords opgeneem, nadat hy die grootste aarbei op rekord gekweek het. Dit weeg 289 gram en is verklaar as die wêreld se grootste, nadat Chahi Ariel ‘n jaar spandeer het om dit te kweek. Internasionale nuusagentskappe berig die aarbei is in Februarie 2021 gepluk en word sedertdien in ‘n vrieskas gestoor. Die vorige rekord was ‘n aarbei wat in 2015 in Fukuoka, Japan, gekweek is en wat 250 gram geweeg het.