Boelies in Namibiese skole moet aangespreek word

Die plaaslike maatskaplike aktivis Zack Itodo sê dat daar ‘n behoefte aan prioriteit is om die kwessie van afknouery in skole aan te spreek. Daar is gerapporteer dat slagoffers van boelies meer geneig is om depressie, angs en ander geestesgesondheids-probleme te ervaar en het ook ‘n groter risiko om hul eie lewe te neem en selfskade te berokken. Die gevolge van afknouery is nie beperk tot die slagoffers alleen nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Itodo gepraat wat sê dat kinders sien hoe hul ouers ander boelie, en dit is dus waar dit begin.