Boek oor slange binnekort op Namibiese winkelrakke

Binnekort gaan ‘n Namibiese boek oor slange, My first book of Namibian Snakes, beskikbaar wees. Die outeurs is die bekende slangkenner, Francois Theart en kundige van slang-entstowwe, dr. Christo Buys. In die boek word 46 slangspesies beskryf en daar is meer 250 foto’s. Die boek is nie net vir kinders nie, maar ook vir die leek wat meer oor slang-identifikasie en hul gedrag wil Leer. Die boek sal teen einde September op die winkelrakke in Namibië beskikbaar wees. Theart gesels met Kosmos 94.1 Nuus.