Boeing sit MAX-produksie op ys

Boeing sal produksie van sy 737 vliegtuie eers op ys plaas. Tydens die produksie pouse sal werknemers werkswinkels bywoon om kwaliteitstandaarde te evalueer en te ondersoek. Die eerste pouse sal by die fabriek in Renton, Washington, waar die 737 gebou word, plaasvind. Alle ander Boeing-kommersiële produksiefasiliteite en vervaardigingspersele sal oor die volgende paar weke sulke pouses hê. Dit volg na ‘n paneel vroeër die maand uitgeval het op ‘n 737 MAX 9-vliegtuig van Alaska Airlines. Die MAX het nie ‘n goeie reputasie nie met twee MAX 7’s wat tussen Desember 2019 en Maart 2020 neergestort het met almal aanboord wat dood is.