Boeing betaal boete oor leuens oor 737 MAX

Boeing het ingestem om 3,52 miljard Namibiese dollar te betaal weens bewerings dat die maatskappy beleggers mislei het oor probleme met sy 737 MAX-vliegtuie wat in 2018 en 2019 tot noodlottige ongelukke gelei het. Drie-honderd-46 mense is in die twee voorvalle dood. Die gewese Boeing-hoof, Dennis Muilenburg, het ingestem om 17,6 miljoen Namibiese dollar te betaal. Die kommissie vir sekuriteite en uitruiling sê Boeing en Muilenburg het beleggers mislei deur versekering te gee oor die 737 MAX se veiligheid, al het hulle geweet daar bestaan ernstige kommer daaroor. Loodse is ook nie korrek opgelei nie.