Bob Marley: One Love is op pad

Bob Marley se familie hoop ‘n nuwe biografiese rolprent oor hom sal help om sy nalatenskap te laat herleef. Bob Marley: One Love word vervaardig deur sy vrou Rita en hul kinders Ziggy en Cedella met uitvoerende vervaardiger niemand anders as Brad Pitt nie. Regie word deur die King Richard-filmmaker Reinaldo Marcus Green behartig. Die Britse akteurs Kingsley Ben-Adir en Lashana Lynch neem die uitdaging op om Bob en Rita Marley op die skerm te laat herleef. Volgens sy seun Ziggy Marley, wat in Namibië net na onafhanklikheid opgetree het word die rolprent gemaak hoofsaaklik om sy boodskap, een van liefde en verdraagsaamheid te versprei. Marley is in 1981 op die ouderdom van 36 aan kanker oorlede.