Blue Cape-veldtog bekendgestel

Die Stad Kaapstad het sy Blue Cape-veldtog amptelik van stapel gestuur. Die program is daarop gemik om die maksimum ekonomiese bydra van die oseaan-ekonomie tot die stad te verseker. Bootbouers in die stad word deur groot uitdagings in die gesig gestaar weens die wêreldwye verswakking van die ekonomie. Die finansiering fokus op marine-vervaardiging waaronder bootbouery, super-seiljagte en sportbedrywighede op die see.