Bloedklonte: lig jouself net in

Limpopo se LUR vir Gesondheid, Phophi Ramathuba, het gereageer op bekommernisse oor die newe-effekte van die Johnson & Johnson entstof. Dit volg na die bevinding dat dit uiters seldsame bloedklonte by ‘n handvol pasiënte in Amerika en die Europese Unie veroorsaak het. Ramathuba sê baie behandelings, onder andere sommige hormonale voorbehoeding, kan dieselfde uitwerking hê. Sy sê mense moet opgevoed word oor die simptome van bloedklonte sodat hulle betyds mediese hulp kan kry.