Bloedbad het ‘May Day’ veroorsaak

Dit is môre die internasionale herdenking van Werkersdag, hier en elders bekend as ‘May Day’. Terwyl die dag oorspronklik die begin van lente in Europa herdenk het, is daar in Parys in 1889 ooreengekom dat 1 Mei voortaan die werkers se dag sal wees. Die Marxistiese Internasionale Sosialiskongres het so ooreengekom as gevolg van die Haymarket-aangeleentheid van 1886. Yanna Smith het die besonderhede.