Blitsbokke vertoon baie beter in Hongkong

Die Springbok-sewesspan het ‘n groot verbetering in Hongkong getoon ná die teleurstelling van die Noord-Amerikaanse skof van die Wêreld-sewesreeks ‘n maand gelede. Suid-Afrika het net-net ‘n vyfde plek misgeloop toe Argentinië hulle met 7-5 geklop het. Nieu-Seeland se mans- en vrouespan is in Hongkong as die kampioene gekroon, met Frankryk in die derde plek. Die Blitsbokke se afrigter Sandile Ngcobo sê hy verwag ‘n nog beter vertoning hierdie naweek in Singapoer: