Blitsbokke klop Uganda

Die Blitsbokke het Uganda met 38-5 geklop in hul eerste wedstryd in ‘n toernooi in Stellenbosch as voorbereiding vir die Olimpiese Spele. Die Suid-Afrikaanse span het 6 drieë ingeryg. Die Blitsbokke kom volgende teen Kenia te staan.