Blitsbokke is vasberade om glorie te herwin

Die Springbok-sewes se kaptein, Siviwe Soyizwapi, sê die ervaring in Hongkong het sy span daaraan herinner dat uitvoering, spanwerk en ‘n gesonde spankultuur die hoeksteen van vorige suksesvolle veldtogte was. Hulle het verlede naweek by die Hongkong-sewes in die gesamentlike sewende plek saam met Ierland geëindig. Soyizwapi sê hulle is op die punt om sake reg te stel en is vasbeslote om die land weer trots te maak in die volgende twee toernooie in Dubai en Kaapstad: