Blitsbokke is saam met VSA en Brittanje die naweek

Die Blitsbokke is in Groep A, saam met Ierland, die VSA en Brittanje vir die Kaapstad-been van die Wêreldrugby-sewesreeks hierdie naweek. Die verdedigende kampioen, Samoa, is in Groep C saam met verlede jaar se naaswenners Nieu-Seeland, Australië en Kanada. Die Blitsbokke, wat Argentinië gister met 12-7 in die Dubai-eindstryd geklop het, sal in die Moederstad as die top-gekeurdes vir die toernooi uitdraf. Die Springbok-vroue-sewesspan, wat tiende in Doebai geëindig het, sal in Kaapstad saam met Frankryk, Kanada en die VSA in Groep C wees.