Pikkewyne knip glo “mikro-uiltjies” sê navorsers

Dit is ‘n uitdaging vir alle nuwe ouers: Om genoeg slaap te kry terwyl hulle hul pasgeborenes fyn dophou. Navorsers het ontdek vir sommige pikkewyne beteken dit duisende “mini-uiltjies” per dag. 

Chinstrap pikkewyne in Antarktika moet hul eiers en kuikens 24-uur per dag oppas in stampvol, raserige kolonies. Hulle knip dus duisende kere elke dag ‘n uiltjie – maar vir ongeveer vier sekondes op ‘n slag – om waaksaam te bly, het navorsers Donderdag in die vaktydskrif Science berig. 

Hierdie kort “mikro-slaap”, wat altesaam ongeveer 11 ure per dag beloop, blyk genoeg te wees om die pikkewyne weke lank aan die gang te hou. 

Foto: Science