Blitsbokke deur na eindstryd in Sydney

Die Blitsbokke is deur na die eindstryd van die Sydney-sewestoernooi nadat hulle vroeër vanoggend vir Fidji oortuigend met 31-12 in die halfeindstryd geklop het. Die Blitsbokke het vyf drieë gedruk teenoor die twee van Fidji. Hulle kom later vandag in die eindstryd te staan teen Nieu-Seeland, oor wie hulle reeds vroeër in die toernooi ‘n oorwinning behaal het.