Blinken en Abbas vergader

Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, sê die Palestynse Owerheid behoort ‘n sentrale rol te speel in wat volgende in die Gaza-strook gebeur. Hy het die Israelies-besette Wesoewer besoek om die president van die Palestynse Owerheid, Mahmoud Abbas, te ontmoet. Meer as 11 000 mense is dood sedert die Israel-Hamas-konflik verlede maand begin het. Blinken sê hulle verwerp die eis deur Arabiese nasies vir die onmiddellike ondersteuning van ‘n wapenstilstand in Gaza, en sê dit kan Hamas in staat stel om te hergroepeer en Israel weer aan te val: