Blinken besoek sy SA eweknie in Pretoria

Die Suid-Afrikaanse minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Naledi Pandor, het vandag die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Antony Blinken, in Pretoria, by geleentheid van die Suid-Afrikaans-Amerikaanse Strategiese Dialoog, ontvang. Die VSA is Suid-Afrika se derde grootste handelsvennoot met meer as 600 Amerikaanse maatskappy wat hier sake doen. Pandor en Blinken bespreek Suid-Afrika se bilaterale samewerking met Amerika, met spesifieke verwysing na die verhouding tussen handel en beleggings. Daar is ook op gesondheid, die klimaat en energie gefokus.