Blinken bel Pandor oor Russiese wapenkwessie

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Antony Blinken het telefonies met sy Suid-Afrikaanse eweknie, Naledi Pandor vergader oor bewerings dat Suid-Afrika wapens aan Rusland verskaf het. Die VSA het in ‘n kort verklaring die belangrikheid van ‘n strategiese vennootskap tussen Amerika en Suid-Afrika benadruk. Die telefoongesprek volg nadat Pandor die Amerikaanse ambassadeur, Reuben Brigety, deur ‘n diplomatieke waarskuwing ontbied het om sy uitlatings te verduidelik. Brigety het erken dat hy sy grense oorskry het en onvoorwaardelik om verskoning gevra.