Blankes ‘moet om verskoning vra’

‘n Nasionale Versoeningsbeleid was ‘n onderwerp van bespreking in die Nasionale Vergadering. So ‘n beleid is in 2020 in die parlement ter tafel gelê, maar dit is nie aanvaar nie omdat die huis verdeeld was daaroor. ‘n Mosie hieroor is egter weer gebring deur die president van die South West Africa National Union, Tangeni Iijambo. Die PDM-partylid Vipuakuje Muharukua het tydens die bespreking gesê witmense behoort die swart gemeenskap om verskoning te vra.