Mans, seuns ‘moet Afrika bevry van geslagsgeweld’

President Cyril Ramaphosa het mans en seuns versoek om ‘n leidende rol te neem in die bekamping van geslagsgeweld in Afrika. Hy het op die Afrika-unie se derde mannekonferensie oor positiewe manlikheid in Pretoria beklemtoon hoe onmoontlik dit is om ‘n samelewing vry van geslagsgeweld te bewerkstellig sonder om aannames rondom patriargie, manlike chauvinisme en seksisme uit te daag. Ramaphosa beklemtoon die nadelige uitwerking van geweld teen vroue en kinders op die ontwikkeling van die vasteland, wat meer as die helfte van Afrika se bevolking in ‘n toestand van angs en vrees dompel.