Blade sê NSFAS moet betalings afhandel
Die buurland se hoër onderwysminister, Blade Nzimande, het ‘n beroep op die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente gedoen om verlede jaar se uitstaande betalings af te handel. Hy het instellings verder versoek om studente wat geraak word, die geleentheid te gun om vir die 2024 akademiese jaar te registreer. Nzimande het op ‘n nuuskonferensie ‘n beroep op die hulpskema gedoen om ‘n gladde proses te verseker en om in die toekoms sodanige uitdagings te vermy: